KoekeLoer Geskenk Winkel

Koekeloer Gift Shop

In 2012 open Koekeloer sy deure in Gansbaai en in 2017 brei dié dekor- en geskenkwinkel uit en open ‘n susterstak in Bredasdorp.
Nelia Koekemoer het veertig jaar ondervinding in kleinhandel, dus is die meeste groothandelaars aan hulle bekend. Die afgelope dekade hanteer hul ook hul eie invoere om kliënte die grootste verskeidenheid moontlik te kan bied.
Koekeloer is ‘n unieke winkel wat jou op ‘n verkenningstog neem van geskenke, dekor, meubels, nautical items, klere, juweliersware, skoene, handsakke, kombuisware, canvasse, chalk paint, stencils en vele meer. Die ideaal is verseker om tyd tot jou beskikking te hê om tussen die rakke te spandeer, opsoek na daardie spesiale geskenk of décor item vir jou tuiste.
Die uniekheid van ons winkel is die wye verskeidenheid van produkte, want behalwe dat ons voorsien aan die gesofistikeerde koper, bedien ons ook Jan Alleman en is hier ‘n groot keuse om te verseker dat ons in elkeen se smaak en behoefte kan voorsien.
Met byna 40 jaar se ondervinding in kleinhandel, is meeste groothandelaars aan ons bekend en hanteer ons die afgelope dekade ook eie invoere.
Koekeloer is immergewild by binnenshuise versierders wat unieke produkte soek. Tuisteskeppers kom snuffel ook gereeld. As jy ‘n geskenk soek vir daardie spesiale perso0n of geleentheid, is Koekeloer ongetwyfeld die regte winkel!